PIESANGKOEK
- 2 eiers
- 1¼ koppie strooisuiker
- 125 ml olie
- 5 ml vanilla geursel
- suurlemoenskil na smaak, opsioneel
- 3 piesangs, fyngedruk
- 2 koppies koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 5 ml koeksoda
- 2 ml sout
- ¾ koppies melk
Klits eiers en strooisuiker saam.
Voeg olie, vanilla geursel en suurlemoenskil by en klits goed.
Roer piesangmoes by.
Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
Meng meelmengsel en melk by eiermengsel.
Skep in ringpan wat goed gesmeer is, bak 45 minute by 180 °C.
Nota:
Die versiersel wat ek gebruik het, is ‘n bêremengsel (ready-mix) pakkie wat ek aangemaak het met roomkaas in plaas van botter. Het ook klein bietjie suurlemoenskil bygemeng.
Resep geplaas deur: Yolanda Richardson
Fotos: Yolanda Richardson













