WORTELS MET SKOP
- 2 kg wortels, in ringe gesny
- 1 kg gesnipperde uie
- 500 ml sultanas
- 1 kg suiker
- 50 ml Maizena
- 5 ml sout
- 50 ml kerriepoeier
- 25 ml mosterdpoeier
- 12 heel naeltjies
- 750 ml witasyn
Kook wortels en uie tot net net sag (nie te pap nie).
Dreineer en sit eenkant.
Meng al die ander bestanddele in ‘n pot en kook stadig tot suiker opgelos is.
Voeg die gedreineerde wortel en uie by en kook vir 5 min.
Skep in warm gesteriliseerde bottels en seël.
Resep en foto: Julia Venter