Your Recipe Blog

WORS EN OPGEDOLLIEDE KAPOKAARTAPPELS

WORS EN OPGEDOLLIEDE KAPOKAARTAPPELS

  • Gebakte kapokaartappel:
  • 6 aartappels, geskil, stukke gesny
  • 1 eetlepel margarien
  • 1 eier
  • ½ koppie melk
  • ½ teelepel bakpoeier
  • 2 eetlepels margarien/botter
  • gerasperde kaas opsioneel
Kook die aartappels in water met sout tot sag, sit die margarien by en druk fyn.
Klits eier, melk, bakpoeier en margarien saam.
Vou die kapokaartappels in tot goed gemeng.
Skep in ‘n gespuite oondbak en maak gelyk.
Bak in vooraf-verhitte oond by 180°C tot goudbruin bo-op.
Kan opsioneel kaas ook oorstrooi.
  • Tamatie “relish”:
  • 2 – 3 tamaties, in blokkies gesny
  • 1 teelepel suurlemoensap
  • 1 – 2 teelepels suiker
  • sout/Aromat en peper

Braai tamatie in klein bietjie olie vir so 3 minute.
Voeg die res van die bestanddele by en smoor tot die suiker smelt.
Bedien warm of koud saam met gebraaide of gebakte wors.
Njam.

Foto en resep: Stef Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page