Your Recipe Blog

WIT VRUGTEKOEK BLOKKIES

WIT VRUGTEKOEK BLOKKIES

My liefste ma bak elke jaar vir Kersfees ‘n wit vrugtekoek (ek het die resep al hier gedeel), want niemand in ons huis hou van donker vrugtekoek nie. En omdat dit so ‘n groot deel van my Kersfese oor die jare was, het ek besluit om die resep te ketofiseer-sodat die low carbers en diabete ook kan saam eet. So dit is my interpretasie van Tant Lizzie se wit vrugtekoek.

  • 2 koppie almond meel- of sonneblom meel (of ‘n mengsel van die twee mele)
  • 1 teelepel bakpoeier
  • ½ teelepel gemmerpoeier
  • ½ teelepel gemengde kruie
  • 20g pistachio neute, gekap
  • 20 g macadamia neute, gekap
  • Nat bestanddele:
  • ½ koppie botter, gesmelt
  • ½ – 1 koppie versoeter (die tipe versoeter sal die hoeveelheid bepaal)
  • 2 eiers
  • 1 ½ teelepel suurlemoen geursel
  • gerasperde skil van ‘n lemoen en ‘n suurlemoen
  • “Vrugte” mengsel:
  • 20 g goji bessies
  • Brandewyn/whiskey/rooibostee (genoeg om die bessies te bedek)

Plaas die bessies in ‘n glasbakkie, en bedek met die vloeistof van jou keuse.
Mikrogolf op hoog vir 30 sekondes en hou eenkant.
Meng al die droë bestanddele in ‘n bak saam.
Klits die nat bestanddele in ‘n aparte bak met ‘n handklitser vir 60 sekondes saam.
Roer die nat bestanddele deur die droë bestanddele.
Dreineer enige ekstra vloeistof van die bessies af, en roer versig deur die beslag.
Skep in ‘n 20 x 30 x 4 cm pan, uitgevoer met bakpapier en gespuit.
Bak 20 minute by 160°C tot deurgaar (jou versoeter sal bepaal hoe bruin die blokkies is).
Haal uit die oond, laat afkoel en sny in blokkies (die resep lewer ongeveer 20 blokkies).
Laat heeltemal afkoel.
Hou in die yskas en bedien soos vrugtekoek.

Opsioneel:
Giet drank van jou keuse (brandewyn/whiskey/ etc) bo-oor wanneer die blokkies net uit die oond uitkom.
Herhaal soos verkies.

Resep en foto: Ilze Jacobs
2de Foto: Jocelyn Lawrence
Aanpassings gemaak deur kakao by te voeg. Ek het die sjokolade ganache gemaak met ongegeurde jogurt en suikervrye sjokolade met ‘n titsel Amarula likeur. Smelt die sjokolade en roer die Amarula en jogurt daarby in, tot die regte tekstuur.  Skep oor die koek.
Die afronding bo-op die koek is suiwelvrye pannacotta met aarbeie.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page