WILDSVLEIS PASTEI MET LAMSVLEIS
- 1,5 kg wildsblad of -boud
- 375-500 ml karringmelk
- 25 g swoerdlose spek, gekap
- 30 ml botter olie (opsioneel)
- 1 groot ui, gekap
- 3 vet knoffelhuisies, gekneus
- 500 g lamskenkels, in skywe van 25 mm gesny
- 30 ml koekmeel
- 5 ml sout varsgemaalde swartpeper
- 1 heel ui, geskil met 5 naeltjies daarin
- 2 lourierblare
- 10 ml fyn koljander
- sowat 500 ml aftreksel
- 250 ml rooiwynasyn
- klaargemaakte skilferkorsdeeg
- Geklitste eier
Oondtemperatuur: 230°C
Marineer die vleis in karringmelk. Bedek met kleefplastiek en sit oornag in die yskas. Druk die vleis droog en sny in 25 mm-blokkies. Gooi die karringmelk weg.
Braai die spek in die botter. Braai die gekapte ui in dieselfde kastrol tot sag en voeg die knoffel by. Sit die spek by. Voeg ’n bietjie olie by en braai die lamskenkels in dieselfde kastrol tot goudbruin.
Bedek die wildsvleis met koekmeel en braai ’n paar stukkies op ’n keer tot goudbruin.
Voeg die lamskenkels, spek en uie by die wildsvleis in die kastrol. Geur met sout en swartpeper en voeg die heel ui met naeltjies by. Voeg ook die lourierblare en koljander by, gevolg deur die verhitte aftreksel en rooiwyn.
Verhit tot kookpunt, verlaag die temperatuur en bedek met ’n styfpassende deksel.
Laat prut vir 3-4 uur of totdat die vleis van die bene afval.
Indien nodig, vul die vloeistof aan met aftreksel of rooiwyn. Laat afkoel en verwyder bene en ui.
Vlok die vleis. Prut tot die sous dik is en die meeste van die vloeistof weggekook het. Geur en laat afkoel.
Skep die vleis in ’n groot voorbereide pasteibak.
Bedek met skilferkorsdeeg en versier met deegrepies.
Prik die deeg met ’n vurk.
Verf die deeg met geklitste eier en bak vir 15 minute.
Verlaag die temperatuur tot 180 °C en bak nog 30-35 minute.
Resep geplaas deur: Rita Killian
Foto: Rita Killian