WILDSPOTJIE VAN SKENKELS
‘n Laat middag pot na die warm hitte.
- 1 kg wildskenkels
- 500 g kort rib, in blokkies gesny
- 1 eetlepel knoffel
- 1 ui, opgesny
- 4 aartapples, opgesny
- 1 koppie water
- 1 pakkie sampioene
- 3 wortels, opgesny
- 1 pakkie sprietuie, opgesny
- 1 pakkie soppoeier, optioneel
- 1 bakkie room
Verhit jou pot en braai die knoffel. Voeg die ui by en braai tot sag. Voeg die skenkels en kort rib in die pot en braai dit tot dit bruin is. Voeg die water by en maak die pot toe dat dit kook vir so uur tot 1½ uur. Roer dan die pot en sit die speserye by wat jou pas.
Voeg die aartappels en wortels by en maak die pot weer toe, laat dit kook vir so ‘n uur. Roer die pot weer na ‘n uur en sny die sprietuie op en roer dit deur. Voeg die sampioene by saam met die room en soppoeier.
Maak die pot dan weer toe en laat dit nog so rukkie kook. Die pot vat so 3 ure voor dit reg is.
Foto en resep: Dawie Rontgen