WENKE OM VOGDRUPPELS TE VOORKOM OP MERINGUE
Elrika Lesch:
Wat is die BESTE “lemon merinque” resep wat nie waterdruppels bo-op vorm na 2 dae nie, asb.
Wikkie Tap:
Myne maak nooit druppels nie. Die resep is eenvoudig. “Mix 1 tablespoon Maizena, 2 tablespoons sugar and a ¼ cup water, boil until clear and cool a little bit. Beat the egg whites ‘till peaks form and add the maizena mix a spoonful at a time. Bake the merinque at 150ºC, leave in the oven ‘till completely cooled.”
Tilla Coetzer:
Probeer versiersuiker ipv van suiker gebruik. Sif die versiersuiker saam met 1 teelepel Maizena. Klits die eierwit eers tot amper styf. Voeg lepels gewys die versiersuiker en maizena in by die styfgeklitsde eierwitte terwyl jy klits, klits tot baie styf. Wanneer die meringue klaar gebak is maak die deur van die oond effens oop en laat die tert in oond afkoel.
Mien Warnich:
Voeg 2.5 ml kremetart by die eierwit net voor klaar geklits.
Lindie Kolver:
Die rede vir die vorming van “waterdruppels”, is die suiker in die eierwitte het nie heeltemal opgelos nie en dit ‘trek water’ sodra dit klaar gebak is.
Patricia Joubert:
Wat ek geleer het met die stroop / druppels wat vorm, ek gebruik nie die volle hoeveelheid suiker wat by die eierwit geklits moet word nie. Ek gebruik slegs ¼ van die hoeveelheid.
Marlene Potgieter:
Die suurlemoen gedeelte is basies maar dieselfde resep oral, dis die meringue gedeelte wat die probleem vorm. Die “Swiss merinque” metode wen loshande, dit werk elke keer perfek en lyk pragtig, dit maak nie sommer druppels nie.
Resep op ons blog – https://yourrecipeblog.com/recipes/swiss-meringue/
Frikkie Jones:
Jy kan ‘n baie dun lagie Maizena met ‘n fyn teesiffie oor die suurlemoen sprinkel en afblaas met n haardroeëer en dan die meringue bo-op voeg. Onthou indien jy by die see bly of as dit reën, gaan die meringue vog maak en tranerig raak. Die beste raad is om “Swiss Merinque” te maak, omdat dit so stabiel is. “French merinque” skei makliker.
Foto: Frikkie Jones