Your Recipe Blog

WENK OM TE VERSEKER DIE KOEK BAK GELYK BO-OP

WENK OM TE VERSEKER DIE KOEK BAK GELYK BO-OP

Ek wil graag iets met julle deel. Het hierdie affere ook eers maar skeef aangekyk maar dit werk regtig.
Ek was al moedeloos oor my koeke altyd met ‘n punt rys, toe gaan krap ek so bietjie op Google en kry hierdie nuttige stukkie inligting.
Vat ‘n ou handdoek en sny stroke so hoog soos jou koekpan en lank genoeg sodat dit reg rondom kan gaan, steek dit dan sommer met ‘n haak speldjie vas sodat dit styf om die pan pas.
Haal dit af en maak dit nat, druk die water net so met jou een hand uit sodat dit nie drup nie en trek dit weer oor die pan.
Skep die beslag in die pan en bak die koek met die nat handdoek om.
Die koeke sal perfek gelyk uitkom bo-op. Ek was baie skepties en het dit vandag weer gedoen en elke keer is my koeke gelyk, ek het nog nooit in my lewe sulke perfekte koeke gebak nie, gaan sommer nou een vir my plaatkoek ook sny.

Geplaas deur Adri Liebenberg
Foto’s:  Frans van Rensburg – ek het dit getoets en nog nooit sulke perfekte koeke gebak nie… baie dankie.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page