WEGTREK BOLLETJIES BROOD
- 1 pak winkel brooddeeg (of jou eie 1kg deeg)
- 1 pak spek
- 1 koppie Cheddar kaas
- 1 spriet ui, gekap
- gegeurde sout
Braai spek en ui, laat afkoel.
Druk die deeg so bietjie plat met vingers.
Sprei die spek en kaas oor die deeg. Sprinkel gegeurde sout oor.
Vou en meng dit goed tot alles ingewerk is.
Maak bolletjies deeg en pak in diep gesmeerde koekpan (of enige pan / bak wat jy het).
Grote van balletjies hang af van grote pan/bak
Maak toe en laat rys. Hang af van hoe warm dit is, maar ongeveer half uur tot uur.
Bak by 180ºC vir 45 min.
Trek uitmekaar en eet lekker.
Variasies:
Braai gewone ui saam spek en sit kruie by
Gebruik songedroogte tamaties, spriet ui en feta.
Vir vegetariese opsie of bykos vir braaivleis:
Sit net sterk kaas en roosmaryn in.
Mielies, kaas en uie is lekker opsie
Sprinkel paprika bo-op.
Knoffel botter is opsie maar eers naby gaar want ek vind dit brand as dit in begin opgaan.
Rol die deeg op en sny in 3 stukke, vleg en bak vir opsie om te sny ipv balletjies.
Bak in broodpan soos gewone brood.
Wees verseker, niemand kan wag vir afkoel of botter nie.
Resep en foto: Anne-Marie Maree Botes