WATER GANACHE
- Per gewig:
- 2 dele goeie, Belgiese, Duitse, Franse of Switserse sjokolade
- 1 deel of minder indien jy stywer ganache wil hê, kookwater wat 1 min na kook gestaan het
Plaas die sjokolade blokkies in ‘n mengbak.
Giet die water saggies oor die sjokolade. Wikkel met ‘n spatula om te meng. Moenie wild roer nie. Indien die sjokolade nie heeltemal gesmelt het nie, mikrogolf vir 20 sekondes. “Bursts” en roer tot mooi glad. Gebruik dan as versiersel.
Nota:
Pasop om dit nie te wild te roer nie anders gaan dit dof word.
Die baie vet in die room verbloem die ware smake van die sjokolade as jy room gebruik.
Soms, veral as ek met 55% sjokolade werk gooi ek so eetlepel Griekse jogurt op die einde by om die rykheid bietjie te breek.
Resep en fotos: Frikkie Jones