Your Recipe Blog

VLASKYWE MET MIELIEBLOM

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 30

VLASKYWE MET MIELIEBLOM

  • 1 pak (200 g) cream cracker-beskuitjies
  • 1 liter melk
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 50 g (60 ml) botter of margarine
  • 60 g (120ml) koekmeel
  • 50 g (100 ml) mielieblom
  • 10 ml vlapoeier
  • 2 ml sout
  • 100 ml koue water
  • 3 eiers, geskei
  • 5 ml vanilla geursel
  • 250 g (500 ml) versiersuiker, gesif
  • Sowat 40 ml kookwater

Smeer ‘n vlak glasbak van 35 x 25 x 5 cm, of bespuit dit met kleefwerende middel.
Pak 15 van die kraakbeskuitjies in rye van 5 x 3 op die boom van die bak en sorg dat die halveringslyne van die beskuitjies almal in dieselfde rigting lê.
Vehit die melk in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Voeg die suiker en botter of margarine by en roer tot gesmelt.
Haal dit van die stoof af.
Meng die koekmeel, mielieblom, vlapoeier, sout en koue water deeglik.
Voeg die eiergele by en klits goed.
Klits van die melkmengsel geleidelik by die vlamengsel.
Plaas dit terug in die kastrol by die res van die melk. Roer aanhoudend oor lae hitte en kook sowat 5 minute tot dik. Haal van die stoof af en roer die vanieljegeursel by. Klits die eierwitte todat sagte punte vorm. Vou die eierwitte liggies met ‘n metaallepel in die vlamengsel in.
Skep die warm vla oor die beskuitjies in die bak.
Bedek die vla met ‘n verdere 15 beskuitjies in rye van 5 x 3 en sorg dat die halveringslyne in dieselfde rigting as die onderste laag s’n lê.
Laat die vlavulsel afkoel en plaas dit in die koelkas om heeltemal koud te word.

Meng die versiersuiker en kookwater tot ‘n smeerbare versiersel. Giet dit stadig oor die kraakbeskuitjies en smeer dit ewe dik.
Hou dit in die koelkas tot benodig.
Sny die vlaskywe so groot soos halwe kraakbeskuitjies wanneer jy hulle opdien.

Foto:  Petro van Genderen

  • Custard slices:
  • 1 packet cream crackers
  • 1 liter milk
  • 250 ml sugar
  • 60 ml butter
  • 120 ml flour
  • 100 ml maizena
  • 12.5 ml custard powder
  • 1 teaspoon baking powder
  • 2 ml salt
  • 125 ml cold water
  • 3 eggs seperated
  • 5 ml vanilla essence
  • 500 ml sifted icing sugar
  • 40 ml boiling water
  • 10 ml lemon juice

Grease a bowl (pirex, tart dish) and place a layer of the cream crackers in the dish. Heat milk till boiling point. Add sugar and butter and stir until melted. Take from stove. Mix flour, maizena, custard powder, salt, baking powder with cold water until a paste. Add egg yolks one by one to the flour paste and beat well.
Pour a little bit of milk into the paste mixture so it can beat easily.
Add the flour paste slowly to the milk mixture and boil on low heat. Stir all the time for 5 min till thick.
Remove form stove and stir in vanilje essence. Fold the beaten egg whites lightly in the mixture  with a spoon.
Pour the warm custard mixture over the biscuits and place another layer of biscuts on top. Place in the fridge to set and cooled down.

Mix icing sugar and boiling water and lemon juice together and pour over the cold tart.
Cut into pieces and serve.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page