Your Recipe Blog

VLAKVARKBREDIE

VLAKVARKBREDIE

Dit was heerlik, glad nie na wild geproe nie, ek het die bredie saam met maroela jellie en pere voorgesit. Almal hier eet nie pap nie en die koring daarmee saam was baie lekker! Was heerlik sag en romerig!

  • 2 kg vlakvark, in blokkies gesny
  • 250 ml koekmeel (gegeur met sout, peper en gemengde, droë kruie)
  • 45 ml olie
  • 45 ml botter
  • 1 pak (250 g) repiespekvleis, gesnipper
  • 2 groot uie, in wiggies gesny
  • 4 knoffelhuisies, in stukkies gesny
  • 500 ml wildsaftreksel
  • 10 middelslag baba-aartappels, gehalveer
  • 250 ml port
  • 2 lourierblare
  • paar kruie naeltjies
  • 2 takkies vars roosmaryn
  • 1 pak (250 g) knopiesampioene, grof gesnipper
  • 125 – 250 ml suurroom
  • vars pietersielie
  • vars gerasperde suurlemoenskil
  • sout en peper na smaak

Druk die vlakvarkblokkies deeglik droog en bestuif dan met die gegeurde meel.
Verhit die botter en olie saam in ‘n pot en braai die vleis in lotte tot goed bruin.
Skep uit met ‘n gaatjieslepel en hou eenkant.
Braai die spek, uie en knoffel in die res van die botter-en-olie-mengsel tot die uie sag is.
Sit die vlakvarkblokkies terug, voeg die aftreksel by en verhit tot kookpunt.
Bedek en prut vir ongeveer 1 ½ uur of tot die vleis sag is.
Voeg die aartappels, port, lourierblare, naeltjies en roosmaryn by en prut oop vir nog 30 – 45 minute.
Voeg die sampioene by en prut tot gaar.
Roer die suurroom, pietersielie, suurlemoenskil, sout en peper by.
Sit voor op krummelpap, koring of stampmielies.

Foto: Martie Fourie Moolman
Resep geplaas deur Martie Fourie Moolman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page