VLA VERRASSINGS POEDING
- 1 x 400 g rol skilferkorsdeeg
- 1 x 250 g Moirs kitsvla
- 1 x 250 ml Orley Whip
- versiersuiker
- gesmelte sjokolade
Rol die deeg dunner uit en sny in driehoek vorms. Pak die vorms op ‘n gesmeerde bakplaat.
Bak in oond teen 200°C tot ligbruin. Ongeveer 15 – 20 minute.
Maak die kitsvla effens dikker aan as aangewys. (gebruik net ⅔ water m.a.w. 350 ml)
Klop die Orley Whip styf.
Neem die gebakte deeg driehoeke en smeer vla oor.
Skep ‘n lepel vol Orley Whip bo-op die vla.
Strooi bietjie versiersuiker en giet ‘n bietjie gesmelte sjokolade oor.
Alternatief kan daar ook perskes/enige vruge bygevoeg word.
Geniet!!
Resep en foto: Ingé Vermaak Potas