Your Recipe Blog

VISVINGER MOUSSAKA

VISVINGER MOUSSAKA

Resep en foto: Petré Van Jaarsveld
Ek was lus vir lasagne en ek wou ook mousaka gehad het.. Maak toe maar die dis so tussen die twee met visvingers.

  • 3 groterige eiervrugte, in plat skywe geny en in oyfolie gebraai tot sag
  • 1 liter witsous, nie te styf nie
  • Vir die sous:
  • 1 blikkie tamatie en uie smoor
  • ½ pak sampioene, in skyfies gesny
  • 1/3 groen soetrissie, in blokkies gesny
  • 1 middelslag ui, grof gekap
  • sout, grof gemaalde swartpeper en oreganum na smaak
  • Braai uie, sampioene, groenrissie, tot uie deurskynend is.
  • Voeg tamatie en uiesmoor asook sout, peper, oreganum en ‘n bietjie suiker by, kook goed deur.
  • Spuit ‘n oondbak. Skep ‘n bietjie witsous onder in die bak.
  • Pak gebraaide eiervrug bo op witsous.
  • Skep ‘n lagie van die uiesmoor op.
  • Pak ‘n laag visvingers.
  • Skep van die tamatie en uiesmoor bo op die visvingers.
  • Pak weer ‘n laag eiervrug.
  • Skep van die witsous bo op die eiervrug.
  • Pak ‘n laag visvingers.
  • Skep laaste tamatie en uiesmoor bo op die visvingers.
  • Pak die laaste laag eiervrug en skep die laaste witsous oor.
  • Rasper kaas oor en bak teen 180ºC tot goudbruin, om en by 50 minute.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page