VINNIGSTE MAYONNAISE
Ek het vanaand mayonnaise nodig vir ‘n resep, en die bottel is leeg… toe maak ek gou die 1 minuut mayonnaise. En dan wonder ek altyd hoekom ek dit nie elke week maak nie, want dis so vinnig en maklik! Al wat jy moet hê is ‘n “stick blender” en ‘n lang nou maatbeker (die een wat jy saam met die stick blender kry as jy dit koop; die resep sal nie andersins werk nie). Ek het ‘n gewone mayonnaise (sonder dille) en ‘n kruie een gemaak-altwee heerlik. Want dis net so vinnig!
- 1 eier
- 2 eetlepels (30 ml) asyn, of na smaak
- 1 eetlepel (15 ml) mosterd, aangemaak
- sout en peper na smaak
- ± 250 ml Canola/sonneblomolie
Gooi al die bestanddele in ‘n regop maatbeker, en voeg olie by tot by die 300 ml merk.
Gebruik jou “stick blender” en meng vir 5 – 10 sekondes.
Pas geurmiddels aan en geniet!
- Vir die kruie mayonnaise:
- Sit by voor dit gemeng word:
- 1 gekapte grasui
- 2 teelepels vars pietersielie
- 1 teelepel droë dille
- ½ knoffelhuisie
Nota:
Gewone mayonnaise resepte (vir klitser of voedselverwerker) moet jy die straaltjie olie geleidelik byvoeg terwyl jy klits, anders skei dit. Hierdie resep MOET jy met ‘n stick blender maak, anders werk dit nie.
Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs
Homemade Mayonnaise
- 1 egg
- 2 tablespoons vinegar
- 1 tablespoon mustard (homemade)
- salt and pepper to taste
- 1 teaspoon dry or fresh dill
- ± 1 cup (250 ml) Canola/Sunflower oil
Mix all the ingredients except the oil in a measuring cup, add the oil up to the 300 ml mark.
Use stick blender and mix for 5 – 10 seconds.
Adjust the flavourings to taste and enjoy. Can store in fridge for about 2 weeks.
Recipe translated by Michelle Swart
By die kruie mayonnaise resep
2 teelepels vars
?
Hi Hantie, dit is pietersielie, die drukkersduiwel het lekker gekry.
Mooi dag