Your Recipe Blog

VINNIGE SJOKOLADE BRUINPOEDING

Recipe by
Cook: 30 minute

VINNIGE SJOKOLADE BRUINPOEDING

“Ons weergawe van ‘n vinnige sjokolade-bruinpoeding (soortgelyk aan Asyn/Jan Ellis-poeding). Ons verdubbel die resep altyd.”

  • 1 koppie melk
  • 1 koppie koekmeel
  • ½ koppie kakao
  • 1 eier
  • 1 koppie suiker (ek het ¾ koppie gebruik)
  • 1½ eetlepels konfyt, soort konfyt eie keuse
  • 1½ eetlepels asyn
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1 eetlepel melk
  • sout
  • Sous:
  • ¼ koppie botter
  • ¾ koppie suiker (ek het ½ koppie gebruik)
  • ½ koppie kakao
  • 1 koppie water
  • 250 ml room
  • 1 teelepel vanilla geursel

Meng al die droë bestanddele saam in ‘n mengbak.
Meng al die nat bestanddele, sonder koeksoda en bietjie melk saam. Klits goed.
Meng koeksoda en die eetlepel melk laaste en voeg by die mengsel.
Bak 30 minute teen 180 °C.
Kook sous bestanddele saam en skep bo-oor tert wanneer dit uit oond kom.
Bedien met room/vla/roomys.

Nota:
Zita Harber: Vir die sous het ek, in plaas van een koppie water en een koppie room, net twee koppies volroommelk gebruik.

Resep: Jenel Ralph van Wyk
Foto: Zita Harber

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page