VINNIGE PLAATKOEK
Hierdie plaatkoek is ‘n “lifesaver” vir mammas as sussie vergeet van koekverkoping by skool.
Jy meng en bak alles in dieselfde pan.
- 3 koppies koekmeel
- 1.5 koppies suiker (1½ koppie)
- 4 teelepels bakpoeier
- 1 teelepel koeksoda
- 80 ml kakao
- knippie sout
- 2 koppies kookwater
- 1 koppie olie
- 2 teelepels vanilla geursel
- 50 ml wit asyn
Spuit ‘n groot oondpan goed. Meng die droë bestanddele en sif die egalig onder in die pan.
Meng res van bestanddele en giet egalig oor die meelmengsel. Meng liggies met ‘n vurk tot net gemeng.
Maak gelyk en bak vir 20 min by 180ºC.
Versier soos verkies en sny in blokke as koud.
Nota:
Lekker gou en maklik en geen vuil skottelgoed nie.
Resep: Anmarie Watney