Your Recipe Blog

VINNIGE PIZZA MET TAMATIESMOOR

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute

VINNIGE PIZZA MET TAMATIESMOOR

  • Kors:
  • 500 ml bruismeel
  • 150 ml kookwater
  • 125 ml olie
  • knippie sout
  • Spek en tamatiebolaag:
  • 4 tamaties, ontvel en gekap
  • 1 groot ui, gekap
  • 10 ml tamatiesous
  • 1 ml droë basiliekruid
  • 125 g spek, gesnipper
  • 375 ml gerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng alles saam vir die kors tot ‘n sagte deeg vorm. Druk vas in bak en bedek met ‘n klam doek tot benodig.

Smoor die tamaties en ui tot dik en gaar en laat dit afkoel. (Ek het myne gegeur met sout, peper en suiker)
Smeer die tamatiesous oor die rou kors. Smeer die gesmoorde tamaties bo-oor. Strooi basiliekruid en spek oor. Strooi kaas oor.

Bak die pizza 30 min lank of tot die kaas begin verbruin op die middelste ondrak.
Sit warm voor. HEERLIK!!

Foto: Benhet Nieuwenhuis

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page