VINNIGE KRAAKBESKUITJIES
Ek het dit gou vanmiddag hierdie resep probeer en dit is regtig vinnig en maklik.
- 1 ¼ koppie volkoringmeel of koekmeel
- ¼ teelepel uiepoeier (ek het ‘n teelepel witsoppoeier ingegooi)
- ¼ teelepel knoffelpoeier
- ¼ teelepel rissiepoeier
- ¼ teelepel gewone of gerookte paprika
- 4 eetlepels botter (ongeveer ‘n ¼ koppie)
- ¼ koppie water
- sout en peper vir strooi
Verhit die oond vooraf op 200ºC.
Strooi meel op ‘n bakplaat.
Meet die droë bestanddele uit in ‘n mengbak.
Sny of rasper botter in mellemengsel in en meng tot krummelmengsel.
Voeg water by en meng deur tot ‘n deeg.
Rol deeg dun uit en sny in vorms van jou keuse.
Strooi met sout en/of peper en bak vir 15 minute.
Wenk:
Ek doen hierdie deegmengsels gewoonlik in my voedselverwerker indien jy een het.
Resep en foto: Bernadene Prinsloo