VINGERHAPPIES VIR ‘N TROUE
Jenny Nel Robberts
Ons het klein ronde tafels by die swembad gehad en na die troue het almal daar aan die snoephappies gepeusel wat op die tafels geplaas was. Sny houtborde en plaas op elke houtbord sy eie soort eetgoed byvoorbeeld:
bord een: biltong, droëwors en soutbeskuitjies
bord twee: verskeidenheid kase en beskuitjies
bord drie: samoesas en vleisrolletjies, en so kan jy afwissel en rondspeel met idees.
Nicol Kriek
Hoendervlerkies werk vir ons ideaal vir ‘n snoephappie. Jy sny die klein voorste puntjie af, en sny die deel wat oorbly by die lit in twee sodat jy die klein boudjie en res van die voorste vlerkie apart het. Marineer in braaisous in yskas vir ‘n uur. Voorverhit oond tot 150 ºC. Plaas bietjie botter en klein bietjie olie in die platkant van oondpan, en plaas die vlerkies in vir 45-55 minute, afhangende van die hittekrag van jou oond. Draai die vlerkies en boudjies na 25 minute om, sodat beide kante gerooster word. Nadat beide kante grooster is, haal uit die oond en laat afkoel. Jy kan hierby ‘n roomkaasdoopsous bedien.
Jacques Marianne Van Niekerk
Gevulde koue vleis, chillie biltongstokkies, mini souttertjies, gevulde tertdoppies, vingerhappie ribbetjies en snoepworsies, mini vleispasteitjies, vrugtesosaties, samoesas, springrolletjies, hoendernuggets, spek-oepsies, spinasietertjies, klein frikkadelletjies, aartappelhappies, russianrolletjies en kaas-en-uiepeuselstokkies.
Alexandra Aalto
PEPPERONI SKEWERS
larged sliced salami
strips of boneless chicken
strips of mozzarella
chopped sundried tomatoes
basil leaves
On an open salami slice, place the chicken strip, mozzarella strip, chopped sundried tomatoes and one or two basil leaves. Roll up and push onto a skewer. I usually do 3 salami rolls on a long skewe. Bake in hot oven on oven tray for a few minutes, until oil drains out of the salami. Remove instantly from oil once done and place on kitchen paper to drain. Serve warm or cold. Very tasty.
Barbara Swart
Tunatertjies, samoesas, springrolletjies, ham-en-kaastertjies, hoenderpasteitjies, mini pizzas
Fanie Smit
Jou snoephappietafel moet nie té swaar wees nie anders eet die gaste nie hul hoofmaal nie
Foto: Theo Steyn