VIERKANTIGE PIZZAS
- Deeg:
- 4 koppies koekmeel
- 1 pakkie groen kitsgis
- 10 ml suiker
- 10 ml sout
- Sous:
- ½ koppie tamatiesous
- ½ koppie soetrissiesous
- ½ koppie blatjang
- Vulsel:
- 1 pakkie spek
- ‘n paar “Russians”
- ‘n paar weense worsies, opgesny
- ‘n paar skyfies ham
- ‘n paar skyfies salami
- 1 blik pynappel
- Mozzarellakaas, gerasper
Meng al die deegbestanddele saam in ‘n mengbak.
Maak dit aan met louwarm water tot ‘n sag hanteerbare deeg.
Knie vir 8 – 10 minute. (Dit moenie meer aan jou hande vaskleef nie.)
Laat rys tot dubbel sy grootte.
Rol deeg uit en sny in vierkante.
Plaas op ‘n voorbereide bakplaat.
Laat rus eenkant.
Meng die sousbestanddele deeglik saam en smeer dit op die deegvierkante.
Versprei die vulsel eweredig op die deegvierkante.
Strooi die gerasperde kaas lekker dik op die pizzas.
Sprinkel nou origanum bo-oor.
Bak pizzas in ‘n voorverhitte oond van 180 ºC tot kaas lekker gesmelt is en die deeg gaar.
Resep en foto: Elsonia Badenhorst