VERSUIKERDE LEMOENSKIL
Ek het gisteraand die lemoenskille gedoen en het baie mooi gekom.
Dit kan gebruik word vir op ‘n kaasbord en ook vir versiering van koeke byvoorbeeld.
- 4 lemoene
- 80 ml water
- 80 ml suiker
Skil van vier lemoene word afgeskil en al die wit aan die binnekant word met ‘n dun skerp messie uitgesny.
Knip dit met ‘n skêr of skerp messie in dun repies .
Skep dit in ‘n bak en giet die kookwater oor sodat dit bedek is en los vir 2 minute, dreineer.
Plaas die skilletjies in ‘n klein kastrolletjie en voeg die water en suiker by.
Kook dit nie te vinnig sonder om te roer tot al die water weggekook is.
Verwyder uit die kastrol en pak oop op ‘n bord of waspapier om droog te word.
Resep en tweede foto: Gideon Louw
VERSUIKERDE LEMOENSKYFIES
Christie Xti:
Rina… ek het gevra vir versuikerde lemoenkyfies en jul het my na hierdie resep verwys, dit was ‘n reuse sukses. Eerstens dit gekook tot die skil deurskynend vertoon het, uit gehaal en ‘n bietjie gedroog, in suiker gerol en verder gedroog teen 60° C in die oond met ‘n houtlepel in die oonddeuropening.
HEERLIK VERBY, baie dankie vir jul hulp, ek waardeer dit werklik…
- 2 lemoene
- 60 ml lemoensap
- 60 ml water
- knippie sout
- 1 koppies suiker
- ekstra suiker
Sny 2 lemoene in skyfies soos verkies.
Verhit die lemoensap, water, knippie sout en suiker.
Roer tot suiker opgelos en kook saggies op medium hitte.
Voeg lemoenskil by en kook 20 minute tot stroperig.
Skep met gaatjies lepel uit en koel af . Sprinkel met suiker.
Nota:
Jy kan suurlemoen skil ook op dieselfde manier maak.
Gebruik as versiering op lemoenkoek, of geniet net so.
Die resep is net aangepas vir ‘n mikrogolfoond:
Op high vir 7 minute, roer, en dan vir n verdere 2 – 3 min. op high.
Moet nie te lank in mikrogolfoond kook nie – brand baie gou.
Resep en foto: Christie Boerin