VERFRISSENDE APPELSLAAI
- 4 – 5 appels, in blokkies gesny
- ½ komkommer, in blokkies gesny
- 1 koppie druiwe, gehalveer (groen en rooi lyk mooi saam)
- 1 handvol bosbessies (cranberries)
- neute, opsioneel
- 1 ½ koppie wit jogurt
- 1 eetlepel mayonnaise
- 1 eetlepel Griekse slaaisous
- 1 eetlepel stroop of heuning
Meng die appels, komkommer met die druiwe, bosbessies en neute in ‘n bak.
Meng die jogurt, mayonnaise met slaaisous en stroop/heuning in ‘n houer, giet oor die slaai en meng deur.
Skep oor in mooi bak en bedien koud.
Nota:
Die “Honey and mustard” slaaisous is net so lekker, indien jy dit wil gebruik in die plek van die Griekse slaaisous.
Resep en foto: Yvonne Jones