Your Recipe Blog

VEERLIGTE BOTTERBROODJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 - 25 minute | Servings: 12

VEERLIGTE BOTTERBROODJIES

Dit is ‘n heerlike ligte skon met ‘n slap deeg, wat mens sommer in die muffinpan inskep en bak.

  • 2 koppies koekmeel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • ½ teelepel sout
  • ¼ koppie suiker
  • ¼ koppie olie
  • 2 eiers
  • 1 koppie water
  • ½ koppie melk

Sif al die droë bestanddele goed saam.
Meng die nat bestanddele saam.
Meng die droë- en natbestanddele saam in ‘n slap deeg en sorg dat daar geen klontjies is nie.
Skep die slap deeg in ‘n gesmeerde kolwynpannetjies (12).
Bak teen 180 ºC vir 20 tot 25 minute tot dit gaar toets.
Laat dit ‘n rukkie in die pannetjie afkoel.
Haal uit en bedien.

Resep en foto’s: Rindi Goosen
3de Foto Annelie Kruger

Category:

One Review

  1. Monica Nothnagel

    Dit lyk heerlik

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page