Your Recipe Blog

VARKTJOPS IN GEMMERSOUS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minute

VARKTJOPS IN GEMMERSOUS

  • 2 tot 4 varktjops
  • 2 groot uie, in skyfies gesny
  • 60 g margarien of botter
  • 3 ml bruinsuiker
  • 15 ml tamatiepuree
  • 15 ml koekmeel
  • 340 ml Gemmerlim (ginger ale)
  • sout en peper na smaak

Verhit die botter en braai die vaktjops bruin aan albei kante.
Skep uit en hou eenkant.
Braai die uie in die res van die botter tot sag en geurig. Sprinkel bruinsuiker oor en sorteer verder. Skep uie in oondbak, en rangskik varktjops bo-op.
Meng tamatiepuree, koekmeel en Ginger ale en giet bo-oor die tjops.
Geur met sout en peper.
Laat staan vir 1 uur.
Voorverhit intussen die oond tot 180 ºC.
Bak die tjops vir 1 uur tot sag en gaar.
Bedien met rys, kapokaartappels of polenta, en groente of slaai van jou keuse.

Resep en foto: Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page