VARKRIB MET ROOIBOSTEE MARINADE
- 1 kg varkrib
- 240 ml rooibostee
- 120 ml olyfolie
- 120 ml tamatiesous
- 120 ml sterk blatjang
- 30 ml Worcestersous
- 30 ml balsamiese asyn
- 10 ml geparsde knoffel
- 10 ml heelkorrelmosterd
- 50 ml brandewyn
- 2.5 ml Tabasco sous
- 5 ml suurlemoenpeper
- 5 wonderpeper korrels
- 2 lourierblare
- sout na smaak
Meng die bestanddele vir die marinade in ‘n kastrol en bring tot kookpunt, draai die hitte af en laat die mengsel afkoel.
Maak snitte in die vleis gedeelte, tussen die bene, in die rib en plaas in ‘n groot genoeg bak dat die rib plat kan lê.
Giet die marinade oor die gesnyde vleis en plaas die vleis en marinade in die yskas, verkieslik oornag.
Braai die gemarineerde varkrib op ‘n hoë rooster, oor warm kole tot die mate van gaarheid bereik is soos verkies.
Bedruip gereeld die vleis met die marinade tydens die braaiproses.
Nota:
Indien die rib te dik is na jou smaak, kan los rib stukke (rashers) gesny word en so gemarineer en gebraai word.
45 minute – 1½ uur, of tot verlangde gaarheid.
Vark moet nie te droog gebraai word nie.
Resep en foto: Johan Rossouw