VARKNEK STEAK, HOENDERRESPIES EN GEROOSTERDE GROENTE
- Varknek steaks:
- 2 x 250 g varknek steaks, ontbeen en 4 cm dik gesny
- BBQ braai speserye
- “Lemon Garlic and Herb” speserye
- sout
- 15 ml olyfolie
- 10 g botter
- Chevin bokmelkkaas met heuning
- sprietuie, fyngekap, na smaak
Marineer die vark steaks met die speserye en laat staan in die yskas vir 30 minute.
Bring tot kamertemperatuur. Verhit die olie saam met die botter tot gesmelt en die botter liggies begin skuim.
Braai die steaks tot verlangde gaarheid. Plaas in ‘n bak, skep ‘n ruim skoot van die sagte bokmelkkaas bo-oor. Bedek met foelie en laat staan vir 5 minute. Garneer met sprietuie.
- Hoederrepies:
- 10 hoenderborsie filette, in repies gesny
- 90 ml bruismeel of meel, gesif
- 30 ml suurlemoen peper
- gemengde kruie en speserye
- 15 ml kerrie masala
- 2.5 ml rooipeper
- 5 ml sonneblomolie vir vlakbraai
Meng die meel met die speserye en plaas in ‘n plastieksakkie.
Voeg die filette daarby en skud goed totdat die hoender stukke regom bedek is. Laat staan eenkant vir so 20 minute en skud so nou en dan sodat die stukke los bly van mekaar.
Vehit olie in ‘n pan en braai die filet repies baie vinnig tot bros en goudbruin.
- Geroosterde groente:
- 10 klein aartappeltjies, in kwarte gesny
- 8 pampoen vingers, 2 x 2 cm en 10 cm lank in blokke opgesny
- 2 oranje patats, geskil en ook in stukke opgesny
- 12 klein kersie tamaties
- 100 g groen, rooi en geel soetrissies, opgesny
- 30 ml olyfolie
- sout en gemaalde peper
- 10 ml suiker
Plaas al die groente in ‘n mengbak saam met die olie en meng goed deur. Voer ‘n bakplaat uit met bakpapier en strooi die gemengde groente daarop uit. Geur met sout en peper.
Plaas onbedek in ‘n voorverhitte oond teen 200°C en rooster vir ten minste 1 uur.
Roer na 30 minute die groente deur en besprinkel met nog olyfolie indien nodig. Strooi die suiker oor (meestal op die pampoen en patat) en plaas terug. Draai die element op rooster na ‘n uur en plaas terug vir 15 minute of tot ligbruin gerooster.
Resep en foto: Johan Rossouw