Your Recipe Blog

VARKMAAG (PORK BELLY)

Recipe by
Cook: 1 uur 40 minute

VARKMAAG (PORK BELLY)

“Liezl het vir ons die heerlike pork bellie in die oond gebak en dit was uit die boeke. Liezl, dis net jy wat kan. Mmmmmm djeeeeeeerlik sappig en smaaklik beslis ‘n wenner. Dankie Liezl jy’s ‘n stêr. Kyk – dié kind van my kán!!!”

  • 1,2 kg gerookte “pork belly”
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • 1 eetlepel olyfolie
  • sout en peper, na smaak
  • 30 ml heuning
  • 30 ml dijon mosterd

Versnit vet-gedeelte in diamantpatroon (moenie tot op vleis-deel sny nie). Versprei suurlemoensap en olyfolie oor die vleis. Geur met sout en peper na smaak.
Bak op oondrak in voorverhitte oond teen 180 °C vir 30 minute, verminder dan hitte na 160 °C vir ‘n verdere uur. Rooster vir ekstra 10 minute.
Sit voor saam met mosterdsousie deur heuning en mosterd goed te meng.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page