Your Recipe Blog

VARK FILETTE IN INDIVIDUELE FILO PAKKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 - 30 min | Servings: 4

VARK FILETTE IN INDIVIDUELE FILO PAKKIES

Dit was njammies! Vark filette in individuele filo pakkies, ryk en romerige mash met korrelmosterd, wortels in lemoenbotter, boere groenboontjies.

  • 600 g vark filet in 4 gesny (porsie grootte)
  • 4 velle filo, met botter geverf en bo-op mekaar gesit
  • speserye en kruie van keuse of net bietjie sout en peper
  • gesmelte botter en kwassie (ek vind ‘n silikoon kwassie maak makliker skoon)

Druk die stukkies filet in koekmeel en braai op al die kante in bietjie olie tot net begin verkleur.
Haal uit pan en laat afkoel. Sny intussen die filo in kwarte en sit bakpapier op bakplaat.
Stel oond op 160°C.
Sprinkel speserye en kruie of sout en peper op elke stukkie vleis.
Sit ‘n stukkie op elke filo vierkant en vou die punte na mekaar toe. Jy kan dit met kombuis tou vasbind en na gebak versigtig verwyder.
Verf nog gesmelte botter op die buitekant van die filo pakkie.
Sit die pakkies op die bakpapier op die bakplaat en sit in oond vir 25 – 30 min.

Nota:
Moenie dat die filo te donker bak nie.
Dit moet ‘n mooi goudbruin kleur wees.
Verwyder versigtig met ‘n eierspaan en bedien onmiddelik.

Resep en foto: Elsabie Templeton

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page