VANILLA SUIKERVRYE ROOMYS
- 6 eiers, geskei
- 500 ml vars room
- 4 eetlepels Xylitol
- 2 teelepels vanilla geursel
Meng die eiergele en vanilla goed saam. Klop die room en xylitol tot styf.
Klop die eierwitte tot styf.
Vou die geklopte room in die eierwitte in.
Vou die eiergele ook nou in.
Skep in ‘n houer met ‘n deksel en vries (verkieslik oornag).
Nota:
Jy kan gekapte neute of sjokolade invou.
Resep en foto: Martie Rademan