Your Recipe Blog

VANILLA SPONSKOEK MET IDEALMELK

Cook: ± 25 tot 30 minute

VANILLA SPONSKOEK MET IDEALMELK

Vir dié resep gaan jy ‘n elektriese klitser benodig.

  • Koek:
  • 2 koppies koekmeel
  • 1½ koppie witsuiker
  • 4 groot eiers
  • 1 koppie melk
  • 40 ml kookolie
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • 1 blik Idealmelk
  • Versiersel:
  • 250 g botter
  • 100 g versiersuiker
  • 10 ml vanilla geursel

Voorverhit die oond tot 180° C.  Verhit die melk en olie saam tot net onder kookpunt en verwyder van die hitte.  Gebruik ‘n groot mengbak en klits met ‘n elektriese klitser die eiers en suiker saam vir 15 min op hoë spoed tot lig en romerig.  Hierdie stap is baie belangrik vir ‘n ligte tekstuur.

Voeg nou die koekmeel bietjie vir bietjie by die eier-en-suikermengsel en meng goed deur tot gladde beslag.  Giet die warm melk bo-op die beslag en vou versigtig deur tot ‘n gladde beslag.  Voeg vanilla by en vou liggies in die beslag in.  Strooi laastens die bakpoeier oor en vou ook liggies deur  die beslag.

Skep die beslag in ‘n gesmeerde koekpan of reghoekige glasbak (30 x 23 cm) en bak in voorverhitte oond vir ± 25 tot 30 minute.

Wanneer die koek na die baktyd uit die oond gehaal word, druk gaatjies in met ‘n vurk en giet die Idealmelk oor die koek en laat die koek deeglik afkoel voor dit versier word.

Sodra die koek behoorlik afgekoel het en gereed is versiering, klits die botter baie goed tot romerig.  Sif die versiersuiker by, voeg die vanilla by en meng dit deeglik deur.  Versier die koek na keuse.  Sit voor en geniet.

Resep en foto:  Anri Douglas

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page