VANILLA MUFFINS MET KERRIEPOEIER, PIESANGGEURSEL EN KLAPPER
Resep en foto: Alma Pretorius
Baie mense eet kerriekos met piesang en klapper – dit het my die idee gegee om ‘n (vir my) vervelige Vanilla muffin mix bietjie op te kikker.
- 1 kg Golden Cloud Vanilla Muffin mix
- 4 groot eiers
- 1 koppie sonneblomolie
- 2 koppies water
- 4 eetlepels kerriepoeier (gebruik minder as jy nie die brand wil hê nie)
- 4 eetlepels piesanggeursel (dis baie belangrik!!!!)
- 2 koppies fyn klapper
- ekstra klapper om bo-op te strooi
- Voorverhit oond tot 180ºC.
- Smeer 2 x 12 kolwyntjiepanne.
- In ‘n groot bak, meng die Vanilla muffinmengsel met die kerriepoeier en klapper.
- In klein bak, klits die eiers, olie, water en piesanggeursel saam.
- Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en roer deur.
- Skep in kolwyntjiepanne en strooi ekstra klapper oor. Bak vir 20 minute of tot gaar toets.
- Laat afkoel in pan vir 5 minute.
Category:

