TUNA-, SAMPIOEN- EN SKYFIEGEREG
Resep en foto: Elma Brittz-Venter
‘n Heerlike ligte middag- of aandete met ‘n slaai van jou keuse.
- 3 blikkies tuna in water, gedreineer
- 1 blik mossels, gedreineer
- 1 blik sampioenstingels en stukkies
- 1 pakkie hoenderroomsop
- ½ pakkie sampioenroomsop
- 1 x 125/150 g suurroom en grasuie skyfies, fyn gedruk, maar nie te fyn nie
- 3 eiers, geklits
- 100 ml room
- gerasperde kaas
- paprika of Aromat
- Dreineer sampioenstingels en behou die gedreineerde water. Meng die soppoeiers met sampioenvloeistof – vul vloeistof met melk en room aan tot 500 ml vloeistof.
- Verhit oor medium hitte tot sop begin verdik. Klits die eiers en voeg ‘n klein bietjie van die warm sampioenvloeistof by die eiers en meng goed deur.
- Roer nou die eiermengsel, tuna, mossels, gesnipperde sampioene en skyfies by die sopmengsel in.
- Plaas die mengsel in ’n gesmeerde bak van 23 x 30 cm, maak gelyk bo-op en bak vir 25 tot 30 minute in voorafvefhitte oond teen 180 °C.
- Tien minute voordat gereg gereed is word gerasperde kaas en Aromat of geursel van keuse bo-oor gestrooi en gebak vir laaste 10 minute tot kaas begin borrel. Bedien warm of louwarm.
Category:

