TUNA-, SAMPIOEN- EN SKYFIEGEREG
‘n Heerlike ligte middag- of aandete met ‘n slaai van jou keuse.
- 3 blikkies tuna in water, gedreineer
- 1 blik mossels, gedreineer
- 1 blik sampioenstingels en stukkies
- 1 pakkie hoenderroomsop
- ½ pakkie sampioenroomsop
- 1 x 125/150 g suurroom en grasuie skyfies, fyn gedruk, maar nie te fyn nie
- 3 eiers, geklits
- 100 ml room
- gerasperde kaas
- paprika of Aromat
Dreineer sampioenstingels en behou die gedreineerde water. Meng die soppoeiers met sampioenvloeistof – vul vloeistof met melk en room aan tot 500 ml vloeistof. Verhit oor medium hitte tot sop begin verdik. Klits die eiers en voeg ‘n klein bietjie van die warm sampioenvloeistof by die eiers en meng goed deur. Roer nou die eiermengsel, tuna, mossels, gesnipperde sampioene en skyfies by die sopmengsel in.
Plaas die mengsel in ’n gesmeerde bak van 23 x 30 cm, maak gelyk bo-op en bak vir 25 tot 30 minute in voorafvefhitte oond teen 180 °C.
Tien minute voordat gereg gereed is word gerasperde kaas en Aromat of geursel van keuse bo-oor gestrooi en gebak vir laaste 10 minute tot kaas begin borrel. Bedien warm of louwarm.
Resep en foto: Elma Brittz-Venter