Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE SEMIFREDO

TUISGEMAAKTE SEMIFREDO

  • 250 ml room
  • 2 eiers, geklits
  • 100 g strooisuiker
  • 600 g vrugtemoes (watse geur jou roomys gaan wees)
  • 5 ml vanilla

Plaas strooisuiker, vanilla en eiers in ‘n metaal bak. Bring water tot kookpunt.
Plaas die metaalbak bo op die pot met kokende water. Maak seker die water raak nie aan die bak nie.
Klits die eiermengsel met ‘n elektriese klitser terwyl die stoom die mengsel gaarmaak.
Wanneer die mengsel aansienlik dikker is, is dit gereed om af te tel.
Plaas die mengsel eenkant en laat afkoel.
Klop die room in ‘n aparte bak tot styf.
Voeg nou jou geurmiddel by die eiermengsel. Ek het 600 g black forest cherry pie filling van bakers bin gebruik.
Vou die room by die eiermengsel in en verplaas na ‘n vrieskas bak.
Vries die Semifredo.

Voila, tuisgemaakte roomys sonder ‘n masjien.

Resep en Foto: Johann Barnard

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page