Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE MIRACLE WHIP

TUISGEMAAKTE MIRACLE WHIP

  • 4 eiergele
  • 1 teelepel sout
  • 2 teelepels droë mosterd
  • 6 eetlepels asyn
  • 3 koppies olie
  • 3 teelepels Maizena
  • 1 koppie kookwater
  • 2 eetlepels suiker
  • ¼ koppie asyn

Meng in menger die eiers, sout, suiker en 2 eetlepels asyn.
Voeg 1 koppie olie stadig druppel vir druppel by terwyl die mengsel heeltyd loop.
Meng die res van die olie met die res van die asyn, voeg al die ander bestanddele by, plaas in ‘n pan en kook tot gladde pasta.
Voeg die warmmengsel by die eiermengsel en meng goed.
Skep in ‘n skoon bottel en verkoel. Bere in die yskas.

Nota:
Ek maak dit gereeld en dit is soos die ware Jakob!!

Resep: Martie Fourie Moolman
Foto: Floraine Wasserman Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5