TUISGEMAAKTE MAASKAAS
Vir die van julle wat gewonder het wat ek met die 2 liter suurmelk gedoen het, ek het toe besluit op die maaskaas en dit het perfek uitgekom, sal nooit weer net suurmelk weggooi nie.
- 2 liter suurmelk
- ½ teelepel “garlic and herb” speserye
- 1 knippie sout
- 2-3 draaie swart gemaalde peper
- 1 knippie smoked paprika
- 1 teelepel olyfolie
Dreineer die melk deur kaasdoek vir ± 12ure – dit wat in kaasdoek oorgebly is die maaskaas.
Skep dit uit.
Dit was lekker styf, ek het die maaskaas gemeng met res van bestanddele en in ‘n bakkie geskep.
Dit is lekker op toast en ekt dit selfs op pizza base gebruik toe ek hoender en feta pizza gemaak het.
Foto en resep: Wilma Prinsloo