TOSKAANSE HOENDER
- 5 hoenderdye
- 1 klein uitjie, gekap
- 250 ml hoenderaftreksel
- 1 koppie gevriesde spinasie
- 5 songedroogde tamaties, gekap
- 200 ml room
- 1 teelepel suurlemoensap
- 1 teelepel gedroogde of vars tiemie
- sout en peper na smaak
Geur die hoender met sout en peper en braai die hoender weerskante tot goudbruin in ‘n kleefwerende pan op die stoof.
Haal die hoender uit die pan en dreineer die meeste vet af.
Braai die ui in dieselfde pan, en voeg dan die res van die bestanddele by.
Prut so 5-10 minute, plaas hoender terug in die sous in ‘n oondpan met ‘n deksel, plaas in die oond teen 180 ºC en bak bedek vir 15 minute.
Haal die dekstel af en bak 5-10 minute oop totdat die hoender gaar is en die sous bietjie gereduseer het.
Nota:
Mens kan die hele gereg op die stoofplaat ook doen, indien jy sou verkies.
Bedien met broccoli en murgpampoentjies.
Resep en foto: Ilze Jacobs