TOFFIE-KARAMEL LIKEUR
- 1 x 385 g kondensmelk
- 1 x 250 ml vars room
- 250 ml brandewyn
- 5 ml gliserien
- 5 ml karamelgeursel
- 5 ml kitskoffiekorrels, opgelos in bietjie kookwater
- 5 ml kakao, opgelos in ‘n klein bietjie kookwater
Plaas al die bestanddele in ‘n menger en klits tot goed gemeng.
Giet in ‘n skoon 500 ml bottel of twee, draai die proppe toe en plaas in die yskas tot lekker koud.
Hoe langer dit staan hoe lekkerder.
Geniet dit.
Nota:
Ek het nie die gliserien gebruik nie omdat ek nie gehad het nie, maar dit verbeter die smaak indien jy dit wel gebruik.
Resep en foto: Willemien Windell