Your Recipe Blog

TIER BROOD – TIGER BREAD

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 - 40 min.

TIER BROOD – TIGER BREAD

Ek bak gereeld die Tiger broodjie. En glo my dis heerlik.

  • 7 g droë gis
  • 1 teelepel suiker
  • 525 ml warm water (40 – 45 ºC)
  • 2 teelepels sout
  • 750 g koekmeel

Meng in ‘n glasbak die gis, suiker en 60 ml warm water. Laat staan vir 10 minute.
Voeg dan sout en orige water by gismengsel.
Voeg al die meel by en knie vir 10 minute tot ‘n sagte elastiese deeg.
Plaas deeg in ‘n goed gesmeerde bak en maak toe met kleefplastiek.
Laat rys vir een uur.
Maak solank die volgende pasta.

  • Tiger pasta:
  • 1.5 teelepel aktiewe gis (of droë gis)
  • 2 teelepels suiker
  • 1.5 teelepel olie (vegetable of sesame)
  • 60 g rys meel
  • 60 ml warm water

Meng die gis met 1 teelepel suiker en warm water. Wag 15 minute tot skuimerig.
Voeg dan die olie by die gis en meng goed.
In ‘n ander bak meng die rys meel en 1 teelepel suiker, dan terwyl jy meng voeg stadig die gismengsel by tot dit ‘n stywerige pasta vorm.
Dit moet nie dadelik van die lepel afdrip nie.
Wanneer deeg klaar gerys het na ‘n uur, knie weer af en vorm ‘n rol en plaas in voorbereide bakplaat.
Smeer al die pasta oor die deeg en laat weer rys vir een uur.
Bak 35 tot 40 minute by 180 ºC.

Resep en Foto: Rika Hippert

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page