TESSIE SE HEERLIKE HEUNINGKOEK
“Dis soos die binneste van ‘n crunchie sjokolade. Baie belangrik… dit brand baie vinnig aan.”
- 60 ml heuning
- 30 ml gouestroop
- 250 ml suiker
- 15 ml koeksoda, gesif
Bespuit ‘n groot vel foelie met ‘n kleefwerende spuitmiddel.
Vou die rante van die foelie effens op sodat dit soos ‘n bak lyk.
Verhit die heuning, stroop en suiker versigtig in ‘n groot swaarboompot.
Roer af en toe totdat die suiker opgelos is.
Wanneer die suiker opgelos is, verhoog die hitte en laat die mengsel prut SONDER om te roer.
Moenie dat die mengsel te hoog kook nie – dit moet net liggies prut.
Laat dit prut totdat dit 149 – 154 °C bereik.
Haal die pot van die plaat af en voeg die koeksoda by. Dit sal begin skuim.
Keer dit dadelik uit op die foelie “bak”. Moenie dit smeer nie.
Wanneer die mengsel afgekoel het, kan jy dit breek in stukkies soos soos wat jy dit verkies.
Resep en foto: Kokkedoor Tessie Els Kemp