Your Recipe Blog

TAPIOKAPOEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: ongeveer 45 minute

TAPIOKAPOEDING

Uiteindelik opgespoor by ‘n Spar se spesialiteitskosse. Kan met sago vervang word.

  • 1 koppie Tapioka
  • 2 koppies melk
  • 2 eiers, geskei
  • ½ koppie suiker
  • ½ teelepel vanilla geursel
  • ½ teelepel kaneel
  • paar knippies sout
  • 3 eetlepels appellooskonfyt
  • 3 eetlepels strooisuiker
  • 3 ekstra eierwitte

Week Tapioka paar uur in water.
Dreineer en kook in die melk tot Tapioka deurskynend is.
Laat af koel.
Klits eiergele, vanilla geursel, suiker, kaneel en sout saam en vou by melkmengsel in.
Klits 2 eierwitte styf en vou by melkmengsel in.
Bak in voorverhitte oond in gesmeerde bak by 180ºC vir halfuur.
Haal uit en smeer appelkooskonfyt oor.
Klits die ekstra eierwitte en strooisuiker saam en skep oor poeding.
Plaas terug in oond en bak tot mooi goudbruin (sowat kwartier).
Bedien met vla en/of stroop.

Resep en foto: Stef Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5