Your Recipe Blog

TAMATIE- EN UIESOUS

TAMATIE- EN UIESOUS

Ons  geniet dit saam met heerlike krummelpap en ‘n skaapribbetjie. Voeg jou gunsteling speserye of souse na smaak by (ons gebruik nie suiker nie; dis reg vir ons net so).

  • 2 groot uie, in kwarte gesny
  • 3 groot tamaties, bo- en onderkante afgesny
  • 2 groot huisies knoffel
  • sout en peper na smaak
  • bietjie olyfolie
  • eie gunsteling speserye of sous, na smaak
  • Opsionee:
  • bietjie chillies vir ekstra oemf

Gooi bietjie olyfolie in kastrol, en dan heel tamaties en uie.
Voeg res van bestanddele by en kook op lae hitte (± twee ure).
Druk dit na so twee ure liggies met ‘n vurk dat dit net heerlik meng.

Nota:
Ek haal tamatieskille af wanneer dit reg is om los te kom.

Foto en resep: Marina Hiscock

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page