Your Recipe Blog

TAMATIE BOEREWORS EN KAASWORS

TAMATIE BOEREWORS EN KAASWORS

Ons het vandag besluit om weer boerewors te maak, en toe gesels oor watter geur ons gaan probeer. Ek en my man kom altwee van Uitenhage, en hy vertel my toe van die heerlike tamatie boerewors wat hulle daar gekoop het toe hy klein was. Ek love ‘n uitdaging, en het na baie google-ry die tamatie boerewors en kaas boerewors gemaak. Dit is heerlik… so ons deel beide resepte. Ons het dit gebraai met paptert vanaand – fantasties!

  • Tamatie boerewors:
  • 2 kg 70:30 maalvleis
  • 2 teelepels fyn swartpeper
  • 3 eetlepels fyn koljander
  • 2 teelepels neutmuskaat
  • 2 teelepels fyn naeltjies
  • 2 eetlepels sout
  • 6 ontvelde tamaties, gekap
  • 1 groot ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gerasper
  • 3 cm vars gemmer, gerasper
  • 1 eetlepel suiker
  • 1 eetlepel sweet chilli sous
  • 1 ½ koppies broodkrummels
  • ½ koppies yswater

Meng al die bestanddele saam en stop in varkderms van jou gekose dikte.
Verpak soos verkies in sakkies wat goed seël.

  • Kaaswors:
  • 2 kg 70:30 maalvleis
  • 2 teelepels fyn swartpeper
  • 3 eetlepels fyn koljander
  • 2 teelepels neutmuskaat
  • 2 teelepels fyn naeltjies
  • 2 eetlepel sout
  • 350 g Cheddarkaas, in klein blokkies gesny

Meng al die bestanddele saam en stop in varkderms van jou gekose dikte.
Verpak soos verkies in sakkies wat goed seël.

Resepte en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page