“SWISS” MERINGUE
Hierdie is ‘n stabiele meringue wat heerlik is, omdat die eiers gaar is.
Dit verg bietjie kundigheid, maar is glad nie so moeilik soos Italiaanse meringue nie, maar baie meer stabiel as Franse meringue. Dit voel soos fluweel in jou mond.
- 4 eierwitte
- 1 koppie witsuiker of strooisuiker
- knippie sout
- paar druppels vanilla geursel
Sorg dat jou mengbak en klitsers 100% skoon en droog is.
Kook jou ketel solank vir die bain-marie.
Sit die eierwitte en suiker in ‘n mengbak oor ‘n pot pruttende kookwater (bain marie).
Die bak moenie aan die kookwater raak nie. Roer heeltyd met ‘n whisk.
Laat warm word tot 65°C terwyl jy dit heeltyd roer met die whisk.
Al die suiker moet gesmelt wees. Voel tussen die vingers sodat daar geen suiker meer is nie.
Giet die eierwitte in die klitser se bak, voeg die sout en vanilla by (ek gebruik sommer die Kenwood se bak oor die kookwater) en klits op medium-hoë spoed tot styf, dik en blink. As jy jou vinger in die meringue steek en uittrek moet die puntjie regop staan.
Gebruik dan soos nodig.
Nota:
Ek skroei gewoonlik die meringue sommer met ‘n blaasvlam vir as ek lemon meringue maak.
Resep en foto: Frikkie Jones
Mel VR
Ek het hierdie eendag gebruik as n koekversiersel en was dit nou ‘n groot sukses! Het dit agterna gemeng met romerige grondboontjiebotter. Was heerlik en nie so oorweldigend soet soos gewone versiersel.