RAAD EN WENKE VIR SWART BOTTERROOM VERSIERSEL
Wil ek net bitter dankie sê vir die raad oor die swart icing. Veral vir Linda. Ek het toe jou mikro raad gevolg. Ek het ‘n chocolate buttercream gemaak.
- 250 g botter
- 500 g versiersuiker
- 125 g kakao
- 1 tot 2 eetlepels melk
- vanilla geursel
- swart gelkleursel
Meng alles saam en laat staan oornag in die yskas. Dit lyk soos nat sement op die stadium.
Volgende dag sit in die mikrogolf vir 30 sekonde in 10 sekonde onderbrekings, roer na elke 10 sekondes.
Klits goed en laat staan weer vir ‘n uur in die yskas.
Herhaal die proses 3 keer.
Nou behoort die versiersel pik swart te wees en reg om te gebruik.
- Sjokolade ganache:
- 1 deel room
- 3 dele wit sjokolade
- gelkleursel
Smelt bogenoemde saam in die mikrogolfoond, 10 sekonde onderbrekings tot gesmelt. Roer na elke 10 sekondes.
Laat afkoel tot kamertemperatuur en voeg die gelkleursel by en meng goed deur. 🙂 Anders smelt die botterroom versiersel onder en sal nie vinnig genoeg stol met die afloop.
Indien jy wit net wit wil he, kan jy net die twee bestanddele saam gebruik sonder die kleursel.
Resep en foto: Minette vd Westhuizen
Heibre Schronen
Swart gel kleursel.
Botter versiersel moet met wit botter gemaak word. As kleursel bygegooi word is dit donker grys, maar laat staan dit oornag in yskas om te ontwikkel.
Linda Rabė
Ek maak my versiersel aan met normale kakao in met wit Woodenspoon. Sit gel kleursel in. Blitz vir so 20 tot 30 sekondes in die mikrogolf, roer na elke 10 minute. Sit in yskas vir amper ‘n uur. Klits weer. Ek herhaal die proses so 3 keer (veral vir swart en ‘n diep rooi)
Natasha Johnson
Beste is maak sjokolade versiersel en dan kan jy ook gesmelte donker sjokolade in jou beslag inmeng. Dan pas jy aan met swart gel of poeier. Smaak word die minste so beinvloed en dit bly lekker dan.
Susan Theunissen
Swart kakao is sleg. Bly weg daarvan af 🙂
Albert Henning-Wisniewski
Swart charcoal werk wonders.
Johanni Perry
Ek maak dit eers baie donker groen met gel, want die swart gel het ‘n groen ondertoon. Gebruik dan baie minder swart gel, want dit proe aaklig. Partykeer gooi ek donker kakao by en laat dit ook eers ‘n rukkie staan om te ontwikkel.

