Your Recipe Blog

SUURLEMOENVINGERS

SUURLEMOENVINGERS

Ek het die resep al van 2014, geen idee waar of van wie ek hom toe gekry het nie.
  • Vir koekies:
  • 250 g botter
  • 1 blik kondensmelk
  • 2.5 ml suurlemoensap
  • 125 ml klapper
  • 400 g Marie beskuitjies
Smelt die botter in ‘n kastrol oor lae hitte, voeg die kondensmelk, suurlemoensap en klapper by.
Meng goed en verwyder van die hitte.
Maak die Marie beskuitjies fyn, nie te fyn nie (ek gooi dit in ‘n ziplock sakkie en rol dit met ‘n deegroller.
Meng die bottermengsel by beskuitjies in, druk die krummelmengsel vas in ‘n 20 x 20 cm gespuite bak. (Ek sit bakpapier bo op en druk met onderkant van ‘n glas vas).
Sit in koelkas om te “stol” en koud te word.
Sny blokkies van 2,5 x 5 cm.
  • Versiersel:
  • 75 ml botter
  • 2 koppies gesifte versiersuiker
  • 5 ml  tot 10 ml suurlemoensap (hang van jou smaak af)
  • fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen

Room botter tot lig.
Voeg versiersuiker bietjie vir bietjie by en meng goed.
Voeg suurlemoensap en skil by en meng deur.
Versier vingers  soos verkies (myne in spuitsak gesit).

Resep en foto:  Elzetna De Bruin

Second photo:  Dalila De Barros Viljoen
Someone posted this recipe last week and I made them this weekend. Man oh man are they AMAZING!!! I changed the icing thought and used this one:

  • 2 cups icing sugar
  • 1 large lemon, zest and juice
  • 50 g butter, melted

Mix together and pour over bars before cutting. Set in fridge and cut into fingers.
These did not last long. They are soo zingy and tasty!!! YUMMY!!!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page