Your Recipe Blog

SUURLEMOENJELLIE

SUURLEMOENJELLIE

  • 12 suurlemoene

Snipper suurlemoene met skil en al op en verwyder pitte.
Plaas suurlemmoensnippers in ‘n bak en bedek met koue water.
Laat vir 24 uur lank staan.

Verhit mengsel tot kookpunt en kook vir 2 uur lank oor matige hitte. Syg mengsel deur en meet die hoeveelheid filtraat af.

Voeg 500 g suiker by vir elke 625 ml filtraat.

Verhit stadig tot kookpunt en roer aan die begin tot suiker opgelos is.
Kook vir 10 minute vinnig en daarna oor matige hitte tot dit jel as ‘n klein bietjie van die stroop op ‘n koue piering getoets word.
Skuim af, bottel warm en verseël dadelik.

Resep geplaas deur Amanda Naude
Foto’s: Amanda Naude en Annatjie Heydenrych

Category:

2 Reviews

  1. Susan

    My jellie bitter

    Star
    • Susan, jammer om te hoor, maar alhoewel hierdie ‘n jellie is, is dit maar net soos marmalade bitter. Al hoe mens dit kan probeer voorkom is om die wit van die skil baie dunner uit te sny en ook die vliese want dit is wat die bitter veroorsaak. Mens kan eers die skil baie dun afskil, en dan die suurlemoene in kwarte sny en so veel moontlik van die vliese uithaal, anders sal hy bitter wees en veral as jy dik skil suurlemoene gebruik het.
      Laat weet as jy weer probeer asb?

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page