Your Recipe Blog

SUURLEMOEN VLATERT MET GAAR RYS

SUURLEMOEN VLATERT MET GAAR RYS

  • 250 ml gaar rys (ek gebruik bruinrys – laat dit so nutty proe)
  • 500 ml melk
  • 4 eetlepels vlapoeier
  • 1 groot eier
  • 3 eetlepels suiker
  • 25 g botter/margarien
  • 5 ml vanielje geursel
  • 1 blik kondensmelk
  • 100 ml suurlemoensap
  • 2 ml fyn gerasperde suurlemoen skil
  • 2 pakkies tennisbeskuitjies

Verhit melk tot kookpunt.
Meng vlapoeier met klein bietjie melk, klits eier en suiker by vla en klop dan kookmelk in vlamengsel in.
Sit gekombineerde mengsel terug in kastol, voeg gaar rys by, roer aanhoudend en verhit tot kookpunt.
Laat ‘n minuut lank kook.
Haal kastrol van stoofplaat af.
Roer botter/margarien en geursel by en laat afkoel tot lou.
Klits kondensmelk, suurlemoensap en skil deeglik in aparte houer.
Rangskik lae in gesmeerde bak – laag beskuitjies, vla, beskuitjies, kondensmelk, beskuitjies, eindig met vla.
Versier met beskuitjie krummels. Laat stol in koelkas.

Resep geplaas deur Cecelia Gouws
Foto: Cecelia Gouws

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page