SUURLEMOEN JOGURT KOEK
In hierdie heerlike suurlemoen tyd is hierdie die ideale koek om te bak. Heerlik vogtig met die sous wat oorkom – veral spesiaal as jy dit bedien met Mascarpone.
- 125 g botter
- 250 ml strooisuiker
- 2 eiers
- 250 ml dik ongegeurde jogurt
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 50 ml vars suurlemoensap
- 625 ml /350 g bruismeel
- 2,5 ml koeksoda
- Stroop:
- 80 ml suiker
- 125 ml water
- 50 ml vars suurlemoensap
Voorverhit jou oond tot 180ºC. Smeer ‘n ring of gewone koekpan. Verroom botter en strooisuiker tot lig en romerig. Voeg eiers een een by en klits goed na elke byvoeging.
Roer die jogurt, suurlemoensap, bruismeel en koeksoda by.
Klits tot goed gemeng. Voeg die skil by en meng deur.
Skep die beslag in ‘n voorbereide pan en bak vir ongeveer 45 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Berei jou stroopvoor terwyl die koek bak.
Kook alles saam vir 5 min en gooi oor warm koek as die koek uit die oond uitkom.
Opsioneel:
Ek gooi altyd in die sous nog bietjie zest vir smaak en estese. Laat koek heeltemal afkoel in pan en keer dan uit. Bedien met Mascarpone of dik room.
Foto en resep: Letitia Burger