SUIKERVRYE KONDENSMELK
Ek het nou net die heerlikste suikervrye kondensmelk gemaak.
- 2 koppies room
- ⅓ koppie Xylitol
- 2 groot eetlepels regte egte botter
Bring al die bestanddele tot kookpunt. Verlaag hitte, kook tot dit omtrent die helfte verminder het.
Dik, ryk en hemels lekker. Moet nie te veel roer nie, dis nie nodig nie. As jy karamel wil hê, kook nog langer… geniet!
Foto en resep geplaas deur Marina Hiscock